Dr. Melane van Zyl gesels met Goeiemôre Program op VIA
Ongeveer 16.5% van die Suid Afrika se volwasse bevolking word deur een of ander geestesgesondheids probleem geraak. Elsa Esterhuizen gesels met Dr Melane van Zyl hieroor. Kyk gerus na die video hieronder vir meer inligting.
Goeiemôre Good Morning – Waar Suid-Afrika se Dag Begin!
Elke oggend bring ’n nuwe geleentheid – en Goeiemôre Good Morning is die splinternuwe ontbytprogram wat jou help om jou dag reg te begin!
Van die oomblik wat jy jou oë oopmaak tot by daardie eerste slukkie koffie, neem ons aanbieders Elsa Esterhuizen, Rozanne McKenzie en Pieter Koen jou saam op ’n reis van wêreldnuus en sake tot leefstyl en vermaak.
Ons weet die manier waarop jy jou oggend begin, bepaal die ritme vir die res van jou dag. Daarom sorg ons dat jy alles kry wat jy nodig het – van die jongste nuusopskrifte tot markneigings, van bekendes tot besigheid, van mode tot musiek.
Met gesellige gesprekke, insiggewende stories en ’n tikkie humor, is Goeiemôre Good Morning die plek waar inligting en inspirasie mekaar ontmoet – en waar jou dag op die regte noot begin!
As jy wil hê mense moet jou handelsmerk onthou, staan saam met ons op en sê dit hardop: Goeiemôre Good Morning!